Dingetjie is Dynamite

Dingetjie is Dynamite Hierdie grappige Boere-Wilde Weste fliek sal kykers herinner aan die Terence Hill en Bud Spencef spaghetti Wilde Weste rolprente waarop die skrywer, CF Beyers-Boshoff sinspeel in hierdie speelfilm se titels (wat heerlik komieklik is en nie misgeloop moet word nie.)

Dis 1930 en 'n bende terroriseer nou al hoe lank die plaaslike gemeenskap. Maar dit gaan nou tot 'n einde kom, met die aankoms van Dingetjie en Daan, twee wanaangepaste broers wat nie veel tussen die ore het nie, maar wat kan skiet en baklei. Hulle kry werk as vee-oppassers vir 'n plaaslike matriarg, maar die bende bekonkel 'n vals aanklag teen Daan vir bankroof, sodat hulle die vee kan steel. Dingetjie blaas die tronk op om Daan te bevry, en die plaaslike sheriff sit hulle agterna... en dit loop uit op 'n skietery op die dorpsplein.

Benewens die grenslose humor skitter Hal Orlandini in sy voorstelling van die buitengewoon-puntenerige skurk.

pg Parental Guidance
80 minutes

Credits

CastDon Leonard, Roelf Laubscher, Wena Naudé Hal Orlandini
DirectorIvan Hall
Formats DVD
SA DistributorNu Metro


Xax International logo
 Xax International
 2020
 All rights reserved.