Lied in my Hart

Lied in my Hart Gé Korsten speel die rol van 'n singende dominee, Paul Murray, wat baie gewild in sy myndorp-gemeente is. Hy is bevriend met Linda, die orreliste, wie se broer, Parra, hoop sy trou met die dominee. Maar dan verskyn die beeldskone Estelle Beukes, dogter van die mynbaas, op die toneel en begin 'n verhouding met die dominee.

Toe Parra hiervan uitvind, steek hy Estelle se sportmotor aan die brand en gaan kruip in die kerktoring weg waar hy deur Paul gered moet word. Paul trou met Estelle en die gemeente wil haar nie aanvaar nie. Hy sing Ave Maria in 'n Rooms Katolieke kerk en die gemeente is in vervoering. Uiteindelik vertrek hy en Estelle na Weenen waar die singende dominee deur middel van 'n kontak van Estelle in die operawêreld beland, maar nie voordat daar 'n intrige of twee is met 'n skelm agent en 'n slinkse adelike nie. Intussen is daar 'n ongeluk by die myn en Parra smeek Paul per brief om terug te kom huis toe.


Credits

CastGé Korsten, Mitsi Stander, Pietie Meyer
DirectorIvan Hall
Formats DVD
SA DistributorNu Metro


Xax International logo
 Xax International
 2020
 All rights reserved.