Lord Oom Piet

Lord Oom Piet Die geharde Afrikaner en staatmaker-ondersteuner van die Nasionale Party, Oom Piet Kromhout van Kransberg is ‘n kandidaat in die verkiesing teen sy buurman, Sir David, wat die Verenigde Party verteenwoordig. Die twee boere kibbel oor politiek, onbewus daarvan dat hulle tiener-kinders op mekaar verlief geraak het.

Oom Piet ontvang op ‘n dag die skokkende nuus dat hy 'n Ëngelse lord is. Hierdie nuus gaan nie nie ingang vind by sy ondersteuners nie — hulle glo dat hy deur en deur ‘n Afrikaner is. Om dinge te vererger daag hordes Britse bediendes op om hulle nuwe baas te ontmoet.

Oom Piet kan nou maar vergeet om die verkiesing te wen. Hy is so gretig om ontslae te raak van sy lastige titel, dat hy dit wil weggee. Maar al manier hoe hy weer ‘n nie-adellike kan word, is deur ‘n adellike soos Sir David te daag tot ‘n tweegeveg, en te verloor… verloor teen die man wat hy juis in 'n verkiesing wil uitstof? Nooit!

Hierdie lewendige komedie bereik 'n hoogtepunt in 'n skreeusnaakse middeleeuse-styl kragmeting.

pg Parental Guidance
85 minutes

Credits

CastJamie Uys, Bob Courtney, Madeleine Usher
DirectorJamie Uys
Formats DVD
SA DistributorNu Metro


Xax International logo
 Xax International
 2020
 All rights reserved.